28 & 29 November 2026 β€’ ECU Joondalup

KERS SANG FEES 2026

Kom vier Kersfees saam!

🎟 Kry jou kaartjiesOntdek die fees
Ons 9de jaar

Dis weer daardie tyd van die jaar!

Bring jou familie en vriende en kom beleef ’n heerlike Kerskonsert vol musiek, humor, nostalgie en Kersvreugde β€” alles met ’n eg Suid-Afrikaanse geur.

🎢 Sing lekker saam

Bekende Kersliedere, Afrikaanse gunstelinge, ’n paar verrassings en ’n program wat oud en jonk kan geniet.

πŸ‡ΏπŸ‡¦ Eg Suid-Afrikaans

Van die musiek en humor tot die geure en kuier β€” ’n stukkie Suid-Afrika hier in Perth.

❀️ Met ’n doel

Terwyl ons saam feesvier, samel ons fondse in om kinders in Suid-Afrika prakties te ondersteun.

2026 Vertonings

Kies jou konsert

Saterdag 28 November
2:00 PM
6:00 PM
Sondag 29 November
6:00 PM

Engelse vertoning: 2:00 PM

🎟 Kaartjies

Volwassenes: $34 p/p
Kinders: $18.50
Gesin van 4: $105

Afrikaanse vertoningsEnglish show
Maak ’n dag daarvan

South African Food Festival & Christmas Market

Kom kuier, eet en snuffel rond voor of nΓ‘ die konsert. Geniet bekende Suid-Afrikaanse geure, ’n lekker gemeenskapsatmosfeer en ’n Kersmark vol interessante stalletjies en geskenkidees.

Die South African Food Festival & Christmas Market word aangebied deur Grace Reformed Church, in vennootskap met die South African Carols & Music Festival.

Die hart agter die fees

Saam maak ons ’n verskil πŸ‡¦πŸ‡Ίβ€οΈπŸ‡ΏπŸ‡¦

Van AustraliΓ« tot Suid-Afrika β€” elke jaar gebruik ons die Kers Sang Fees om fondse in te samel om kinders in Suid-Afrika te ondersteun.

Hierdie foto, geneem aan die einde van ons 2025-fees, vertel iets van waarom ons dit doen: ’n gemeenskap hier in Perth wat saamkom om ’n verskil daar te maak.

Stop HongerHelp HettaSkooltassie

Die 2026-fees ondersteun Solidariteit Helpende Hand SA se projekte.

Plek

ECU Joondalup

Building 32, Auditorium
Joondalup Drive, Joondalup WA

Die Food Festival & Christmas Market is lekker naby aan die ouditorium.

’n Kykie terug

Die Kers Sang Fees-ervaring

Maak 2026 deel van jou Kersfees-herinneringe πŸŽ„

Ons sing saam. Ons kuier saam. En saam maak ons ’n verskil.

🎟 Kry jou kaartjies